Saturday, April 18, 2009

CRONJE EN ALLETTA SE TROUE 18 APRIL 2009


Graag deel ons hierdie besonderse dag met almal. Alletta en Cronje het June 2008 na ons gastehuis kom kyk vir hul troue. Dadelik besluit hulle wil onder ons ou "Sout en Peperbos" hul onthaal beplan. Die dag het toe uiteindelik aangebreek en was dit nie 'n wonderlike dag nie. Van die weer tot die beplanning tot die pragtige bruidspaar het alles sommer klop disselboom verloop. Graag deel ons 'n paar foto's met julle sodat almal kan deel in hulle dag by Opikopi Gastehuis. http://www.opikopi.co.za
Kommentaar deur egpaar:
Cronje en Aletta Rademan

"Baie, Baie dankie dat julle ons troudag so spesiaal gemaak het! alles was perfek! Dit was presies wat ons wou he! Uitstekende diens, stylvolle dekor en heerlike kos! Helen en Claudette, ons kan nie vir meer gevra het nie! Al die gastew was beindruk. Sal julle definitief aanbeveel vir enige funksies!"

http://www.opikopi.co.za