Sunday, April 19, 2009

Aletta & Cronje Troudag 18 April

Baie geluk met julle pragtige dag, dit was so lekker om julle dag spesiaal te maak!http://www.opikopi.co.za/









Aletta se pragtige Troukoek!!!


Die gaste het arriveer en heerlike vinger happies geniet......

Saturday, April 18, 2009

CRONJE EN ALLETTA SE TROUE 18 APRIL 2009


Graag deel ons hierdie besonderse dag met almal. Alletta en Cronje het June 2008 na ons gastehuis kom kyk vir hul troue. Dadelik besluit hulle wil onder ons ou "Sout en Peperbos" hul onthaal beplan. Die dag het toe uiteindelik aangebreek en was dit nie 'n wonderlike dag nie. Van die weer tot die beplanning tot die pragtige bruidspaar het alles sommer klop disselboom verloop. Graag deel ons 'n paar foto's met julle sodat almal kan deel in hulle dag by Opikopi Gastehuis. http://www.opikopi.co.za
Kommentaar deur egpaar:
Cronje en Aletta Rademan

"Baie, Baie dankie dat julle ons troudag so spesiaal gemaak het! alles was perfek! Dit was presies wat ons wou he! Uitstekende diens, stylvolle dekor en heerlike kos! Helen en Claudette, ons kan nie vir meer gevra het nie! Al die gastew was beindruk. Sal julle definitief aanbeveel vir enige funksies!"

http://www.opikopi.co.za

















Sunday, April 12, 2009

Linda en Sarel Haasbroek se Troue











Wat 'n wonderlike troue was dit nie!!! Van die bruid wat fantasies gelyk het tot die violiste wat ongelooflik mooi gespeel het gedeurende die troue was alles net 'n sukses. Hier volg 'n paar foto's wat ons gedeurende die troue vir hulle geneem het. Onthou, ons was nie die profesionele fotograwe nie!!!



Graag plaas ek 'n paar woorde wat hulle in ons gasteboek geskryf het:



Linda:


"Baie, baie dankie vir my perfekte troue. Dit was soveel meer as waarvan ek gedroom het. Alles was perfek, almal was vriendelik en behulpsaam. Dit was die wonderlikste dag van my lewe! Die tuin, kamer, venue, kos was absoluut voortreflik. Dankie vir elkeen van julle!!!"


Sarel:


"Dit was werklik fantasties. Die span van Opikopi is GREAT!!! Dankie vir julle gasvryheid en die lekker bly, ek sal defenetief weer sam met my "Vrou Linda" weer terug kom. Die kamers is spetacular en die venue pragtig. Baie dankie!!!"




http://www.opikopi.co.za

Monday, April 6, 2009

Sunday, April 5, 2009

Opikopi se Op en Wakker Span!!!!

Hier is Opikopi Gastehuis se fantastiese span wat ons funksies altyd 'n sukses maak, en seker maak ons gaste kry net die beste diens. http://www.opikopi.co.za/

Saturday, April 4, 2009

Vanessa Jacobs se ma se 60ste verjaarsdag 4 April




Vanessa het 'n verrassings funksie vir my skoonma gereel by ons gastehuis. Sy was heeltemal onbewus van die funksie wat vir haar gereel is. Hier is die tafel wat spesiaal vir haar opgestel is.




ALETTA SE VERJAARSDAG ONTBYT


Vanoggend het Aletta al haar vriendinne gebring vir 'n lekker ontbyt by ons gastehuis.